Daan Viljoen-padblokkade-roete weer kalm

Lede van die Windhoek Stadspolisie en Nampol se spesiale reserwemag is vroeër ontplooi net wes van die hoofstad naby die Daan Viljoen Nasionale Park waar grondgrypers die pad versper het en oproerig geraak het. Die polisie het inwoners van plotte net wes van die hoofstad gevra om nie deur die gebied te beweeg nie en eers tuis te bly. Leon Freeman, ‘n ploteienaar het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die situasie is tans onder beheer.