Daan Viljoen-brand is onder beheer

‘n Veldbrand wat vroeër in die Daan Viljoen-natuurreservaat ontstaan het, is onder beheer gebring deur die Windhoek-brandweer. Dit is nie bekend hoe dit ontstaan het nie maar daar is blykbaar skade aan die min weiding in die gebied. Fillemon Sikongo van die diens was op die toneel en het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.