DA wil weet van Russiese vragvliegtuig by Waterkloof

Die DA bevraagteken die landing van ‘n militêre vliegtuig van Aviacon Zitotrans, een van die kommersiële lugrederye onder sanksies deur die Amerikaanse Tesourie, by die Waterkloof-lugmagbasis. DA-parlementslid, Kobus Marais, sê dit is ‘n voorbeeld van Suid-Afrika se pro-Russiese buitelandse beleid. Marais sê hy sal aan die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, skryf en vra of dit normale praktyk is dat goedere vir buitelandse sendings deur die lugmagbasis ingebring word: