DA wil weet oor luukse Prasa-eiendomme

Die DA wil hê die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, en die Passasierspooragentskap se raad moet voor die Parlement verskyn om antwoorde te verskaf oor die vermeende misbruik van Prasa-eiendom. Prasa het ‘n interne ondersoek na sy voorsitter, Leonard Ramatlakane, gelas nadat hy na bewering met sy gesin in ‘n luukse woning ingetrek het wat aan die staatsonderneming behoort. Die woning is vir gebruik deur uitvoerende hoofde tydens werksreise om hotelkoste te vermy. Chris Hunsinger van die DA sê Ramatlakane moet geskors word: