DA wil weet oor brandstof wat op is in KZN

Die DA in KwaZulu-Natal vra die premier, Sihle Zikalala, en die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Ravi Pillay, moet onmiddellik die omvang bepaal van wydverspreide berigte dat vulstasies nie meer petrol het nie. Sleutelvervoerroetes by brandstofopslagplekke in eThekwini is in die vloede verwoes. Francois Rodgers van die DA sê die impak en gevolglike uitdagings weens die vloede het ‘n rampspoedige uitwerking op die provinsie se ekonomie en die opruiming:

Koningin Elizabeth van Brittanje het haar meegevoel uitgespreek met die tragiese verlies aan lewens en verwoesting weens die vloede en swaar reën in KwaZulu-Natal. Die Britse monarg sê sy dink aan diegene wat hul lewe, geliefdes, huise en ondernemings verloor het.