DA wil nuwe voorsitter hê vir regter-onderhoude

Die DA sê Suid-Afrika het bekwame en ervare regters nodig wat ook onberispelik is om in sy howe te dien, en nié individue wat om politieke redes voorkeur geniet nie. Die party het só gesê in reaksie op die Regterlike Dienstekommissie se besluit om weer onderhoude te voer met die regters vir die Konstitusionele Hof. Glynnis Breytenbach van die DA sê die nuwe onderhoudsproses moet so regverdig en objektief moontlik wees en daarom moet ‘n nuwe voorsitter vir die kommissie aangestel word: