DA: Waglys van meer as 36 000 pasiënte in Gauteng

Die DA in Gauteng sê ʼn verstommende 36 237 pasiënte in Gauteng is op ʼn waglys vir operasies in die provinsie se openbare hospitale. Vir seker soorte operasies is die wagtydperk vyf jaar. Dit is deur die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, onthul in ʼn skriftelike antwoord op die DA se vrae in die Gautengse wetgewer. ʼn Woordvoerder van die party, Jack Bloom, sê die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het die grootste waglys met 10 900 pasiënte.