DA vra vinnige oplossing met afhaal van ID’s

Die DA versoek die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, om dringend te kyk na die tegniese probleem van ‘n stelsel wat van lyn afgaan wanneer ID’s afgehaal word. Die DA se nasionale woordvoerder oor Binnelandse Sake, Adrian Roos, sê daar is geen nuwe inligting van die Departement of op sy webblad nie. Roos benadruk die belangrikheid van gereelde kommunikasie en vinnige oplossings, veral in die lig van die algemene verkiesing wat Maandag begin, om te verseker landsburgers kan hulle ID’s afhaal en stem.