DA vra ramptoestand in SA moet onmiddellik beëindig word

Die DA doen ‘n beroep dat die nasionale ramptoestand in die buurland onmiddellik beëindig word. Die party sê daar is geen wetenskaplike of morele regverdiging om voort te gaan met beperkingsmaatreëls nie. Die leier, John Steenhuisen, doen ‘n dringende beroep op President Cyril Ramaphosa om die res van die inperkings op te hef. Hy sê dis nou die regte tyd om dit te oorweeg omdat Covid-19-gevalle bestendig afneem en die entstof-aanbod groter as die aanvraag is.