DA vra nóg ‘n Ace-saak moet ondersoek word

Die DA in die Vrystaat doen ‘n beroep op die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, om ‘n mislukte bouprojek van 18 miljoen rand te ondersoek waarby die voormalige premier, Ace Magashule, betrokke was. Die party sê hy het in 2018 bekend gemaak ‘n skool sal by Vogelfontein in Bethlehem gebou word. Die DA-lid Roy Jankielsohn sê die skool is een van nege projekte waaraan bouwerk in die 2018/19-boekjaar moes begin het.