DA verwelkom regstappe van Intercape teen vervoerminister

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die regstappe van die Intercape-busmaatskappy teen die minister van vervoer, Fikile Mbalula. Die maatskappy neem die minister hof toe omdat hy versuim om stappe te doen teen die voortdurende voorvalle van afpersing en aanvalle op langafstand-busse. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Ricardo Mackenzie, is die regsgeding ‘n waarskuwing aan Mbalula oor sy departement se versuim om op te tree en ʼn gebrek aan strategie betreffende die onsekerheid van die langafstand-vervoerbedryf.