DA verwelkom ondersoek na studente hulpfonds

Die DA het President Cyril Ramaphosa se opdrag verwelkom dat die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek instel na die nasionale finansiële hulpskema vir studente. Die eenheid wil die bestuur van die skema se finansies ondersoek en kyk na die toekenning van lenings en beurse. Dit sal ook enige onwettige gedrag deur werknemers en diensverskaffers ondersoek. Die DA-woordvoerder, Chantel King, sê die oorgang van ‘n lening- na ‘n beurs-stelsel het tot verskeie uitdagings gelei, onder ander verouderde IT-stelsels en onder-befondsde administrasiekoste: