DA verduidelik sy posisie oor noodtoestand oor Eskom

Die DA sê die party wil die toenemende en misleidende gerugte regstel dat die party die verklaring van ‘n noodtoestand steun. Die land wag om te hoor watter maatreëls President Cyril Ramaphosa se regering beplan om die energie-krisis teen te werk. Ghaleb Cachalia van die DA sê die party sal die eerste wees om enige stappe te verwerp wat Ramaphosa doen om ‘n noodtoestand oor die energiekrisis aan te kondig.