DA: Universiteite is teelaarde vir konflik

Die DA sê universiteite sal steeds die teelaarde vir konflik bly as griewe nie opgelos word nie. Slegs agt van die 26 universiteite in die land het ‘n ombudstelsel waar studente, asook akademiese en nie-akademiese personeel, hulle griewe in ‘n vertroulike omgewing kan lug. Chantel King van die DA doen ‘n beroep op die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om ‘n gesentraliseerde universiteits-ombudstelsel vir al 26 die instellings te skep.