DA trots op hul Putin-sege in hof

Die DA glo sy sukses om die regering te dwing om die Russiese President Vladimir Putin, in hegtenis te neem, sal Suid-Afrika se globale aansien herstel en moontlike sanksies en uitsluiting van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika afweer. Die hooggeregshof in Pretoria het bevestig ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming is uitgereik. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die oorwinning stuur ‘n duidelike boodskap aan die wêreld-gemeenskap, wat die party se verbintenis onderstreep tot geregtigheid en die oppergesag van die reg terwyl hy tirannie teenstaan.