DA: Statistiek SA bevestig lewenskoste-krisis

Die DA sê statistiek wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, bevestig dat burgers onder erge druk verkeer weens die lewenskoste-krisis wat die regering teweeg gebring het. Volgens Statistiek SA het kleinhandelverkope tot in September hierdie jaar gedaal. Die kos, drank en tabak in gespesialiseerde winkels het ‘n verbysterende afname van agt-punt-een-persent in verkope op ‘n jaargrondslag getoon. Dion George van die party sê die regering gaan voort om ondernemings in staatsbesit teen miljarde rand te red, terwyl huishoudings in nood sukkel om genoeg kos op die tafel te sit.