DA sê ramptoestand moet oor Eskom verklaar word

Die DA het sy saak gestel oor waarom ‘n ramptoestand oor Eskom en die elektrisiteitsektor verklaar moet word. Ghaleb Cachalia en Kevin Mileham het vandag by ‘n perskonferensie in Kaapstad gesê die party het die ongekende stap geneem om hierdie kwessie op die agenda van die volgende kabinetsvergadering te plaas. Cachalia sê die versuim om die beurtkragkrisis op te los, het die land se beeld as ‘n beleggingsbestemming beskadig.