DA sê KZN-regering moet verantwoording doen oor misdaadsyfers

Die DA in KwaZulu-Natal eis antwoorde van premier Nomusa Dube-Ncube en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sipho Hlomuka, na die bekendmaking van die vierde kwartaal se misdaadstatistiek. Tussen Januarie en Maart vanjaar is 25,3 persent van alle moorde in die land in dié provinsie gepleeg, wat neerkom op ‘n gemiddeld van 17 per dag. Die polisiekantore in Umlazi en Inanda is uitgewys as KZN se moord-brandpunte. Sharon Hoosen van die DA sê die provinsie het 842 vuurwapen-verwante moorde aangemeld wat die hoogste in die land is: