Rugby: Vieringe begin in Frankryk vir Wêreldbeker

Rugby: Vierings vind oral in Frankryk plaas op die 100 dae-aftelling na die begin van die Wêreldbeker-toernooi. Dit is nou net minder as drie maande voor 20 lande op 8 September gaan begin meeding om die Webb Ellis-trofee. Altesaam 48 wedstryde sal in tien gasheer-stede gespeel word. Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê dit behoort een van die beste Wêreldbekertoernooie te wees.