DA sê duisende kon behuising gekry het, maar regering onderbestee

Die Demokratiese Alliansie sê Gautengse inwoners het ‘n groot behoefte aan waardige behuising, maar die provinsiale departement van menslike nedersettings het versuim om sy toegelate begroting vir behuising te bestee. Die departement het in sy jaarlikse verslag onthul hy het in gebreke gebly om 226 miljoen rand in die 2020/21-boekjaar te bestee. Dit kon gebruik word om 1 948 huise te bou. ‘n DA-woordvoerder, Mervyn Cirota, sê indien die woonplekke vier mense kon huisves, sou 7 792 in huise kon bly.