DA sê begroting is mislukking

Die DA sê die mediumtermynbegroting is nog ‘n aanduiding dat die regering geen doeltreffende plan het om ekonomiese groei te versnel, beurtkrag op te los, skuld te stabiliseer en uitgawes te beheer nie. Die finansminister Enoch Godongwana, het tydens die voorlegging van die begroting gesê met skuld wat vinniger groei as die ekonomie, gaan ‘n bykomende 14 miljard Suid-Afrikaanse rand nodig wees om die skuld af te betaal. Dion George van die DA sê die begroting het geen dapper optrede getoon nie en het nie daarin geslaag om die dringende ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, aan te spreek nie: