DA: Sassa in Wes-Kaap is in wanorde


Die DA sê nasionale regeringsbevoegdhede soos die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap in die Wes-Kaap verkeer in erge wanorde. Volgens die party is daar net 16 Sassa-kantore in die provinsie, terwyl daar aansienlik meer in ander provinsies is. Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het beloof Sassa is besig om vier bykomende kantore te vestig. Die DA se woordvoerder, Alexandra Abrahams, sê die bykomende kantore in Khayelitsha en Gugulethu sal die vraag en druk op ander kantore in Kaapstad verlig.