DA: SA Toerisme se raadsvoorsitter bedank

Die DA sê inligting wat van ‘n fluitjieblaser ontvang is, dui daarop die voorsitter van die raad van Suid-Afrikaanse Toerisme, Thozamile Botha, het bedank. Dit is die gevolg van die debakel oor Tottenham Hotspur se borgskap van ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand. Manny de Freitas van die DA sê die minister van toerisme, Patricia de Lille, het lede blykbaar verlede week gevra om teen 18 April redes te verskaf hoekom die raad nie ontbind behoort te word nie.