Dubbele moordverdagte pleeg glo selfmoord

‘n Verdagte in ‘n dubbele moord wat by die plaas Josephine in die Dordabis-omgewing gepleeg is, het na bewering voor die polisie en ‘n paar familielede selfmoord gepleeg deur homself te skiet. Die voorval het vandag in die Oshana-streek naby Oshikweyo in die Eheke-nedersetting, plaasgevind. Die voertuig wat glo van die plaas van afgetrede regter Gerhard Maritz gesteel is, is enkele meters van die oorledene se huis gevind. Hy is geïdentifiseer as die 30-jarige Micheal Simaneka Martin. Die vuurwapen wat gebruik is, is onder die gesteelde items van die plaas. Twee plaaswerkers, die 22-jarige Visser Bock, en die  30-jarige Albertus  Bock is doodgeskiet.