DA: SA het bekostigbare kos nodig

Die DA versoek die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die befondsingsmodel van staatsondernemings te laat vaar en geld toe te wys om eerder na die behoeftes van die kwesbaarstes om te sien. Dit volg nadat Godongwana bekendgemaak het die regering gaan nog ‘n staatsonderneming op die been bring. DA-woordvoerder Dion George sê die regering wil te midde van die krisis met hoë lewenskoste en stygende skuldvlakke opnuut met belastinggeld woeker om ʼn staatsbank en ʼn skeepsvaart-maatskappy tot stand te bring.