DA: Riool-krisis in Roodepan is menseregteskending

‘n DA-parlementslid in die Noord-Kaap, Delmaine Christians, sê die ANC veroorsaak ‘n menseregteskending in White City weens die rioolkrisis in Roodepan, Kimberley. Christians sê dit is onmenslik van die regering om voort te gaan om die benarde situasie waarin inwoners verkeer te ignoreer. Dit volg nadat 15 inwoners hul huise verloor het en 50 huise in gevaar is weens die voortgesette rioolstortings en die ontwikkeling van sinkgate. Christians sê die Sol Plaatje-munisipaliteit moet daaraan voorkeur gee om hul infrastruktuurfoute reg te stel.