DA: Ramaphosa moet verantwoordelik vir Digital Vibes-korrupsieskandaal neem

Die DA sê President Cyril Ramapahosa moet volle verantwoordelikheid neem vir die Digital Vibes-korrupsieskandaal aangesien hy bewus was van die bewerings ten tye van die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se bedanking en hom selfs bedank het vir sy diens. Die DA se skaduminister van gesondheid, Siviwe Gwarube, sê in ag genome die vrystelling van die Spesiale Ondersoekeenheid se verdoemende verslag, is dit belangrik om die drie senior bestuurders wat daarin betrek is, dringend te verwyder.