DA: Premier Job Mokgoro sal nie Noordwes dien

Die DA in Noordwes is nie oortuig premier Job Mokgoro se vervanging met sy voormalige raadgewer, Bushy Maape, sal die belange van mense in die provinsie dien nie. Die party sê Mokgoro se swak prestasie onder leiding van Maape is skielik vergete, tot so ‘n mate dat hy beloon word met die provinsie se topposisie. Die DA-lid Freddy Sonakile sê Mokgoro het nog nie sy bedanking by die wetgewer ingedien nie.