DA plaas druk op regering oor Clanwilliamdam-projek

Die Wes-Kaapse departement van landbou sê die vertragings met die verhoging van Clanwilliamdam se wal het 15 000 nuwe werkskeppings-geleenthede beïnvloed. ‘n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die projek is vertraag weens wanbestuur en moontlike korrupsie. Hy sê die groter dam sal na verwagting help om watervoorsiening vir besproeiing en gewasproduksie te vermeerder. Van der Westhuizen sê die DA sal voortgaan om druk op die regering te plaas om die bouwerk te bespoedig.