Streng veiligheidsmaatreëls vir Trump se hofverskyning

Amerikaanse oudpresident Donald Trump  vergader met sy regsverteenwoordigers in Trump Towers in New York ter voorbereiding van sy hofverskyning later vandag op strafregtelike aanklagte. Streng veiligheidsmaatreëls is van krag weens verwagte betogings buite die hof in Manhattan. Tientalle polisie- en hofbeamptes, sowel as die geheime diens, sal Trump na die hofgebou vergesel. Die aanklagte teen hom sal aan hom voorgelees word wanneer hy vanaand Namibiese tyd in die hof verskyn. Hy sal daarna waarskynlik skuld op die aanklagte ontken. Trump is ondersoek vir die betaling van sogenaamde swyggeld aan die porno-ster Stormy Daniels in 2016.