DA: Onthul name van kuller-matrieks

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale onderwysdepartement om die skole in die Bohlabela-distrik wat in die matriekeksamen gekul het, se name bekend te maak. Sommige leerders en inwoners beweer die gebruik om in eksamens te kul, duur reeds jare lank. Jane Sithole van die DA sê leerders en opsieners span saam om stelsels te omseil wat in werking gestel is om die eksamen se geloofwaardigheid en integriteit te verseker.