DA: Nersa besteel kragverbruikers

Die DA sê die energiere-guleerder, Nersa, se besluit om elektrisiteitstariewe met 18,65 persent te verhoog, is om verbruikers openlik te besteel. Die partyleier John Steenhuisen het aan President Cyril Rampahosa geskryf en ‘n dringende vergadering aangevra oor Eskom en die toenemende kragkrisis. Ghaleb Cachalia van die DA sê in plaas van te erken dat oorbelaste verbruikers tans die dooiegewig van ‘n sinkende Eskom-monopolie dra, kies Nersa om homself teen verdere regsgedinge deur Eskom te beskerm.