DA loof Tshwane se oudburgemeester

Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, het die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, geloof oor sy werk om die behoeftes van inwoners eerste te stel in ‘n dikwels onstuimige politieke omgewing. Williams het vandag sy bedanking aangekondig, maar hy sal tot 28 Februarie in sy pos aanbly. Msimanga sê die feit dat hy bereid is om terug te staan om bestendigheid in die metro te verseker, spreek boekdele van sy toewyding aan die inwoners sowel as die politieke proses.