Elektriese motorfietse gewild in Kenia
Elektriese motorfietse kry momentum in Kenia. Die Afrika-gebaseerde elektriese beweeglikheidsmaatskappy, Ampersand, het 60 nuwe ondernemings gelok deur sewe battery-omruilstasies regoor die hoofstad, Nairobi, in te rig. Dit beplan om nog 500 elektriese motorfietse teen die einde van die jaar te verkoop. Die motor-ingenieur en uitbreidingsleier, Ian Mbote sê openbare ondersteuning, beter regeringskemas, vriendelike beleid, belastings, regulasies en aansporings kan die toetrede tot die mark ’n hupstoot gee.