DA lê klag oor Cele se Wêreldbeker-kuier

Die DA het bevestig hy het ‘n amptelike klag by die Openbare Beskermer ingedien om die minister van Polisie, Bheki Cele, se reis na Frankryk vir die Wêreldbeker-rugby te ondersoek. In antwoord op ‘n DA-parlementêre vraag verlede week het Cele onthul dat hoewel ‘n privaat maatskappy sy reis geborg het, belastingbetalers meer as 446 000 Suid-Afrikaanse rand vir sy uitvoerende assistent moes opdok. Uit die antwoord het dit na vore gekom die ministerie het steeds 33 256 rand aan Cele se reis bestee. Die DA sê die klag lui dat die minister verskeie bepalings van die Uitvoerende Etiekkode oortree het.