DA kritiseer Sassa se slimfoon-besluit

Die DA in die buurland sê Sassa se nuwe reëlings oor die 350 Suid-Afrikaanse rand maatskaplike verligtingshulptoelaag gaan miljoene arm Suid-Afrikaners uitsluit. Die agentskap het aangekondig begunstigdes gaan slimfone nodig hê om toegang tot hulle betalings deur elektroniese fondsoordragte te verkry. Bridget Masango van die DA sê toe die toelaag in 2020 aangekondig is, het die party gewaarsku deur die proses aanlyn te maak, sal talle potensiële begunstigdes uitgesluit word wat nie toegang tot die internet, data of die nodige selfone het nie: