DA is gewalg oor soldate-video in Mosambiek

Die DA is gewalg oor ʼn video wat op sosiale media opspraak wek van soldate van die sending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Mosambiek wat liggame op ʼn onwaardige wyse hanteer. Dit sluit lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in. ʼn Woordvoerder van die DA, Kobus Marais, sê soldate moet by hul gedragskode en internasionale standaarde en praktyke hou. Hy sê wat in die video vertoon word, is onaanvaarbaar en moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word.