DA het landwye veldtog oor water-aanlegte

Die DA het ‘n dringende en landwye oorsigveldtog by alle waterbehandelingaanlegte van stapel gestuur. Die party sê die opspoor van cholera in die Vaalrivier dié week en die stelselmatige ineenstorting van waterbehandelingsaanlegte in Suid-Afrika is simptome van ‘n dreigende nasionale krisis. Aanvanklike ondersoeke dui aan minder as tien-persent van die aanlegte werk optimaal. Meer as 50-persent hou ‘n medium-, hoë of kritieke risiko in. Leon Basson van die DA sê net nege-persent van die watervoorsieningstelsels het volledige waterveiligheidsplanne.