DA het kommer oor entstof-tekorte, Onderstepoort sukkel nog

Die DA in die Noord-Kaap is diep bekommerd oor die moontlike verspreiding van dodelike dieresiektes. Die provinsie beleef tans onvoorspelbare reënvalpatrone wat ‘n teelaarde skep vir die verspreiding van die bloutong-virus onder skape. Daar was teen die einde van Oktober ook ‘n aansienlike aantal konynvrektes weens ‘n bloedingsiekte onder dié diere. Reinette Liebenberg van die DA sê die Onderstepoort-veeartsenysentrum het nie bloutong-entstof nie en ook geen beskikbare entstof vir die bloedingsiekte nie: