DA: Hef invoerbelasting op elektriese voertuie op

Die DA glo dit is tyd om invoerbelasting op elektriese voertuie op te hef, wat tans 25 persent beloop. Die party sê ook die departement van handel, nywerheid en mededinging se Groenskrif oor die Motorbedryf wat in Mei verlede jaar gepubliseer is, moet in werking gestel word. Dean Macpherson van die DA sê die koste van brandstof word ‘n ondraaglike las vir baie gesinne en die regering moet verbruikers die keuse gee om ‘n elektriese voertuig teen ‘n redelike prys aan te koop.