DA: Gwede Mantashe moet skuld kry vir Eskom-hoof se bedanking

André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, sal nog tot einde Maart 2033 by die kragverskaffer aanbly ter wille van kontinuïteit en sodat die regte opvolger gevind kan word. Die DA sê die skielike bedanking van De Ruyter, is die gevolg van die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se verbete veldtog teen hom. De Ruyter het toenemend onder kritiek deurgeloop terwyl die energiekrisis vererger. Mantashe het in Julie gesê Eskom se hoof en raad het dalk nie die nodige vaardighede nie. Ghaleb Cachalia van die DA sê De Ruyter is belemmer terwyl hy geveg het om Eskom aan die gang te hou.