DA gekant teen verpligte inenting

Die Demokratiese Alliansie het uitgebrei op sy standpunt oor Covid-inenting en verklaar hy steun dit, maar is gekant teen verpligte inenting. Die DA se beleidshoof, Gwen Ngwenya, het gesê die maatskaplike risiko moet bepaal word indien inenting verpligtend gemaak word.

Sy het bygevoeg privaat ondernemings behoort ‘n alternatief vir verpligte inenting te oorweeg.