DA gekant teen verligtingspakket wat op raskwotas gebaseer is

Die DA is sterk gekant teen enige voor-veronderstelling wat op ras gebaseer is en sal enige besluit opponeer indien die departement van kleinsake-ontwikkeling toegang tot die verligtings-pakket as gevolg van beurtkrag aan raskwotas koppel. Die ekonomiese impak op klein ondernemings was ernstig en baie sukkel om kop bo water te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Jan de Villiers, sê die party sien uit na ‘n aankondiging wat prakties en maklik toeganklik is vir alle klein besighede.