Servikale kanker-maand in Zambezi-streek herdenk

Januarie is die bewustheidsmaand vir servikale kanker wêreldwyd en vanjaar is die Zambezi-streek die gasheer vir die herdenking servikale kanker-maand in Namibië. Die adjunkminister van gesondheid dr. Ester Muinjangue, sê servikale kanker is die tweede grootse oorsaak van sterftes onder vroue in die land. Sy sê Namibië se sukseskoers vir die behandeling van vroue met die program vir servikale kanker, is 90 persent. Sedert 2018 is 91 548 Namibiese vroue vir servikale kanker onder die program getoets.