DA: Gauteng onbevoeg om brandskade aan hospitaal te herstel

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering was onbevoeg om die brandbeskadigde Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg te herstel en het toe die verantwoordelikheid op die nasionale gesondheidsdepartement geplaas. Twee verdagte kontrakte ter waarde van 128 miljoen rand vir die werk is gekanselleer en nege senior amptenare geskors na bevindings van die Spesiale Ondersoekeenheid. ‘n DA-lid, Jack Bloom, sê hy is nie verras nie, aangesien die Gautengse departement van infratruktuurontwikkeling berug is vir onbevoegdheid en korrupsie.