DA eis vordering met SASSA-ondersoek

Die DA sê hy het ʼn vorderingsverslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie versoek oor sy ondersoek na die volgehoue krisis wat SASSA se uitbetaling van maatskaplike toelaes betref. Die party het verlede jaar ʼn amptelike klag by die kommissie ingedien nadat ʼn reeks toelaes nie uitbetaal is nie wat kwesbare ontvangers negatief geraak het. Bridget Masango van die DA sê dis kommerwekkend dat die jongste mislukking om toelaes te betaal, 150 000 begunstigdes sonder hulle Januarie-geld gelaat het: