Ministerie soek wild-beskermingsinfrastruktuur

Die omgewingsministerie, in samewerking met verskeie internasionale vennote en donateurs, insluitend Duitsland, nooi bieërs uit vir ‘n konstruksiekontrak vir wild-beskermingsinfrastruktuur in Etosha Nasionale Park, by Sesfontein, en in die Bwabwata Nasionale Park. Die infrastruktuur sal administratiewe kantore, behuising, motorhuise en meer insluit. Die ronde is vir voorkwalifikasie en aansoeke moet teen 11-uur op 16 Februarie ingedien word.