DA eis verantwoording oor R30m vir kragprojekte in Emalahleni

Die DA in Emalahleni eis van die munisipale bestuurder, Sizwe Mayisela, ‘n omvattende verslag aan die raad, oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is vir elektrifisering en grootmaat-kragvoorsieningsprojekte. Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het die geld aan die munisipaliteit bewillig vir ontwikkeling en opgradering van die Nominale Maksimum Aanvraag by sommige van sy substasies. Lizelle Steyn van die DA, sê die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling het ’n mandaat om grootmaat-infrastruktuur op te gradeer en nuwe innamepunte te vestig vir uitbreidings en nuwe woongebiede: