DA eis toetse van Durban se strande

Die DA in KwaZulu-Natal vra die eThekwini Munisipaliteit om die uitslae van die verskillende toetse van water op die stad se strande bekend te maak. Dit volg op ʼn aankondiging deur die burgemeester, Mxolisi Kaunda, dat die strande by uMhlanga eersdaags oopgestel kan word omdat die water bevredigende toetsuitslae opgelewer het. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Nicole Bollman, is daar tans steeds miljoene liter rou, besoedelde water in die uMhlanga-strandmeer, net noord van een van die dorpsgebied se belangrikste toeristestrande: