DA eis strategie in eThekwini vir 20 Maart

Die DA in KwaZulu-Natal het aan eThekwini se stadbestuurder, Musa Mbhele, geskryf en gevra of daar ‘n duidelike strategie is om te keer dat noodsaaklike dienste Maandag deur die EFF se beplande landwye sluiting geraak word. Die EFF wil die land tot stilstand bring oor beurtkrag en sal ook vra dat President Cyril Ramaphosa bedank. ‘n DA-woordvoerder, Mzamo Billy, sê diegene wat nie aan die staking deelneem nie, moet hulle reg op beweging sonder intimidasie of vooroordeel kan uitoefen: